Paralimpiese Winterspele 2018

XIIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2018

Gehou in Pyeongchang, Suid-Korea
Deelnemende lande 49 Nasionale Paralimpiese Komitees
Deelnemende atlete 569
Items 80 in 6 sporte[1]
Openingseremonie 9 Maart 2018
Sluitingseremonie 18 Maart 2018
Amptelik geopen deur President Moon Jae-in
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam Kim Eun-jung
Seo Soon-seok
Vorige Spele 2014: Sotsji (Rusland)
Volgende Spele 2022: Beijing (China)

Die Paralimpiese Winterspele 2018 (Koreaans: hangoel: 평창 동계 패럴림픽; hanja: 平昌 冬季 패럴림픽; Pyeongchang Donggye Paereollimpik), is tussen 9 en 18 Maart in Pyeongchang, Suid-Korea, aangebied.[2] Dit was die twaalfde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en ná die Paralimpiese Somerspele 1988 in Seoel die tweede Paralimpiese Spele in Suid-Korea.

Dragon Valley Ski Resort

Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie. Die spanne van Georgië, Noord-Korea en Tadjikistan het vir die eerste keer aan Paralimpiese Winterspele deelgeneem. Die Russiese span is soos by die Olimpiese Winterspele 2018 van die Paralimpiese Winterspele uitgesluit, hoewel atlete onder neutrale vlag deelgeneem het.[3]

Die Olimpiese Winterspele 2018 is tussen 9 en 25 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) in Pyeongchang gehou.

  1. (en) "IPC Governing Board meeting finishes in Tokyo". Internasionale Paralimpiese Komitee. 7 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2020. Besoek op 18 Maart 2018.
  2. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2018. Besoek op 18 Maart 2018.
  3. (en) "IOC suspends Russian NOC and creates a path for clean individual athletes to compete in Pyeongchang 2018 under the Olympic flag". Internasionale Olimpiese Komitee. 5 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 18 Maart 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy